Pous Julius III | |
---|---|
Geboortenaam | Giovanni Maria Ciocchi del Monte |
Pontifikaat begin | 7 Februarie 1550 |
Pontifikaat eindig | 23 Maart 1555 |
Voorganger | Paulus III |
Opvolger | Marcellus II |
Gebore | 10 September 1487 Monte San Savino, Italië |
Sterf | 23 Maart 1555 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Julius |
Julius III was die 221ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1550 tot 1555. Julius is verkies as 'n kompromie-kandidaat nadat die Franse en keiserlike faksies in die konklaaf 'n dooie punt bereik het. As kardinaal was hy effektief en 'n betroubare diplomaat. As pous het hy nie dieselfde eienskappe openbaar nie, maar 'n lewe vol persoonlike plesier en luiheid gelei.